01/2010 Resepte
Custom Search
SUIKERMIELIEPOFFERTJIES

SUIKERMIELIEPOFFERTJIES

250ml koekmeelblom

10ml bakpoeier

5ml sout

1ml rooipeper

30ml margarien(gesmelt)

2 eiers (geskei)

5 ml Uie (gerasper)

300ml Cheddarkaas(gerasper)

420g geroomde suikermielies (Sweetcorn)

Olie vir vlak vet braai

Sif die droë bestanddele saam.  

Voeg die margarien of botter by.

Klop die eiergele en voeg dit by die koekmeelblom mengsel.

Meng dit goed.

Voeg die ui, kaas en suikermielies by en meng dit deeglik.

Vou die styf geklitste eierwitte in.

Skep lepelsvol van die beslag in warm olie en bak dit tot goudbruin.

Dreineer goed.

 

Vir goeie vet dreineering:

Ek sit ‘n klein afkoel rakkie (die soort waarop jy koekies laat koud word) bo-oor ‘n bord en sit die poffers/vetkoek/krummel steak daarop. Dit Dreineer goed. Ek verskuif dit na ‘n skottel or bord toe net voor ek die volgende klomp uit die olie haal.

 

http://www.eposvriende.com